SOETE WRAAK deur Karen Wessels
Manage episode 450199170 series 2901788
内容由RSG提供。所有播客内容(包括剧集、图形和播客描述)均由 RSG 或其播客平台合作伙伴直接上传和提供。如果您认为有人在未经您许可的情况下使用您的受版权保护的作品,您可以按照此处概述的流程进行操作https://zh.player.fm/legal。
As Lisa Bruwer by ‘n kamer instap, straal haar aura nie elektriese seksualiteit nie. Sy word gesien as ‘n moederfiguur, ‘n vriendin, die ouer sussie op wie se knoppie jy enige tyd kan druk. Ons het ons heldin al in die radioteater, Soete Drome, ontmoet, en haar leer ken as die versorger, die maatskaplike werker wat lojaal haar gemeenskap dien. Maar daar is ‘n punt in enige een se lewe waar jy die mantel as ewige vriend van jou skouers wil aftrek, en jouself wil oopmaak as iemand se wederhelfte wat saam in die liefde kan deel. Sersant Tiaan Malherbe probeer nou al vir jare die moed bymekaar skraap om Lisa uit te vra, homself weerloos te maak, en sy eie hart in die spervuur van verwerping te plaas. Sal sy die kans waag en haar hart aan die onbekende ontbloot? Of veilig in die bekende rus, en die onsekerheid wat met risiko gepaard gaan ontglip? Die spelers is Pierre Breytenbach, Marina Coetzee, Kevin Smith, Donovan Pietersen, Casper Lourens en Reginald Hufkie. Die regisseur is Karen Wessels.
…
continue reading
355集单集