Sondag 20 Oktober 2024 Stephan Briel
Manage episode 446008858 series 2644201
内容由Gereformeerde kerk Bergbron提供。所有播客内容(包括剧集、图形和播客描述)均由 Gereformeerde kerk Bergbron 或其播客平台合作伙伴直接上传和提供。如果您认为有人在未经您许可的情况下使用您的受版权保护的作品,您可以按照此处概述的流程进行操作https://zh.player.fm/legal。
Lees: Gen 2: 15 – 3: 7.
Fokus: Gen 3: 5 (AFR53).
Satan se leuen: Saam met God is daar geen lewensvervulling.
- Ons denke is die hoofslagveld van ons geestelike stryd en Satan gebruik primêr die leuen om ons denke te beheer.
- Satan se leuen: Saam met en gehoorsaamheid aan God is daar geen lewensvervulling nie, want “God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken” (vers 5).
- Eva het na Satan se leuen geluister dat ‘n sinvolle lewe sonder God in dinge bereik kan word – in kennis van goed en kwaad.
- Al die kennis, rykdom, status, sukses en ander dinge van die wêreld, kan jou nie heel en gelukkig maak nie (Pred 2: 11), kan jou nie maak soos wat jy oorspronklik geskape is nie.
- Sonder ‘n liefdesverhouding met God deur Christus sal daar altyd ‘n “gemis” in jou lewe wees, want jy mis die oorspronklike doel waarvoor jy geskape is (Ef 1: 4).
- In ‘n liefdesverhouding met God deur Christus besef jy dat jy geskep is vir die ewigheid (2 Kor 5: 1).
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Hoekom is die beheer van ons denke so belangrik en watter strategie gebruik Satan om ons denke te beheer?
- Verduidelik die leuen wat Satan in Gen 3: 5 verkondig.
- Hoekom kan ‘n ware sinvolle lewe nie in die dinge van die wêreld bereik word nie?
- Wat is die oorspronklike doel waarvoor jy geskape is? Hoe vind jy ware lewensvervulling in Christus?
291集单集