Wat is die Doel?
Manage episode 455725179 series 3072738
Romeine 5:1,2 As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee. (NLV)
Waar kom die begrip "Kersfees" vandaan? Nouja, ons weet almal dat dié Kersfees wat ons deesdae vier, nie is wat God in gedagte gehad het nie. Maar as daar 'n God is, waarom het Hy vir Jesus, sy Seun, in ons wêreld in gestuur?
Wat vandag gevier word, het niks met van die koms van Jesus in ons wêreld te doen nie. Vir sommige mense het dit 'n gekommersialiseerde gespog geword en dit is nie wat God in gedagte gehad het nie. Daar is talle mense wat glad nie eers Kersfees vier nie.
Terwyl ons op pad is na hierdie jaarlikse viering van Kersfees, laat ons rustig saam God se plan ondersoek:
Romeine 5:1,2 As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee. (NLV)
Vir enigiemand wat in Jesus glo, is daar dié geskenk van God wat so wonderlik is, dat dit ons verstand te bowe gaan. Ten spyte van alles wat ons gedoen het, het ons nou, deur Jesus, toegang tot God. Ons het, deur Jesus, vrede met Hom. Ons kan die seën van sy genade, deur Jesus, geniet. En ons kan ons verheug in die sekerheid dat ons eendag, deur Jesus, in God se heerlikheid sal deel.
Ons sal in die volgende paar dae meer hieroor uitbrei. Maar dink net solank aan wat daardie wonderlike nuus in jou omstandighede, in jou werklikheid beteken. Vrede. Genade. Seën. Vreugde. Hoop. Glorie. Jesus.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
1448集单集